A Few Wedding Favourites

005_5459 005_6612 005_6867 005_7135 016_0153 016_3808 016_3838 016_4158 016_4171 (1)
016_7517 016_8536 016_9064 016_9532 016_9799 201_0005 201_9871 111112_0225 111119_0078 111119_0835 111215_0240 111215_0346 111215_0707 120121_0330 120218_0027 120811_0781 121110_0027 130112_0117 130112_0161 130112_0193 130112_0284 130112_0330 130112_1007 130316_0016 130316_0385 140104_0375 140104_1037 140104_1068 140329_0003 140329_0007 140329_0019 140329_0582 140329_0718 140329_0739 140329_1396 140412_0075 140412_0602 140412_0605 140412_0875 141101_0405 20110416_0718 20110416_1523 20110416_1549 20131025_1162 20131025_1206b 20131130_0013 20131130_0134 20131130_0183 20131130_0502 20131130_0965 20131130_1193 20131130_1199 20131207_0013 20131207_1560 20131207_1565

Advertisements

A few Favourites from 2014 & 2015

Werner & Nicolene – 12 April 2014

Mynhardt en Esma – 4 Januarie 2014

Leopards en Lace op 4 Januarie was die plek vir die die spog troue van Mynhardt en Esma. ‘n Great manier om die jaar mee af te skop en Michael en sy span by Leopards en Lace het weereens gesorg dat alles seepglad verloop.

Die fotos na die tyd is ook by Leopards geneem en gelukkig het die weer saam gespeel om ons ‘n kans te gee om vir die twee memories te skep wat ‘n leeftyd sal hou.

Hier ‘n paar fotos van die troue wat ek geneem het.

Gerhard

Robbie en Lize – 7 Desember 2013

Ek ken die van der Merwe familie al van die laat tagtigs af toe ek vir Wikus en Johan skoolgehou het en ook vir Wikus afgerig het as rugby afrigter. Absuluut amazing mense en dit was ‘n ongelooflike voorreg om deel te kon wees van Lize se troue wat een van die tweeling sussies is.

Die troue het plaasgevind buite Bloemfontein by Goose Hill. Saam met Ferdie Kapp wat die Video Produksie vir my behartig het het ons vroeg middag al begin met Lize se portrette. Die portrette van Lize en Robbie na die tyd het ons in die mees ongelooflikste lig gedoen wat daarna opgevolg was met ‘n hewige donderstorm.

Die onthaal was uit uit die boonste rakke met kos net om van te droom. Arme Robbie het omtrent deurgeloop tydens sy toespraak. Geen genade is betoon toe sy Stellenbosch Universiteits maters hom omtrent toegetakel het.

Hier ‘n paar fotos wat ek tydens die spog geleentheid geneem het.

Gerhard

Johan en Karlien – 30 November 2013

Wat ‘n voorreg om te kon deel wees van twee amazing mense se groot dag. Die verrigting het plaas gevind by Indaba Lodge net buite Bloemfontein. Karlien se vooraf portrette het ons by Latissimo Gastehuis geneem.

Normaal weg plaas ek ongeveer 20 fotos van ‘n troue op ‘n blogpost soos die. Die keer het ek besluit om meer te plaas om sodoende ‘n geheelbeeld te skep van wat ek doen op ‘n troue. Kyk gerus deur die fotos en jys welkom om te laat weet wat jy dink.

Gerhard

Stanley en Lozaun – 23 November 2013

Na seker 20 jaar plus in die trou bedryf bly Kopano Nokeng nog steeds een van die top trou venues in Bloemfontein. Op 23 Nov 2013 tydens die troue van Lozaun en Stanley het hulle weereens nie teleurgestel nie en met top organisering en kos uit die boonste rakke dit ‘n onvergeetlike aand gemaak.

Vroeg middag het ons begin met die portrette van Lozaun en later die middag ook van hulle twee saam. Na die seremonie het ons ‘n draai gemaak by die laning by die ou Roses for U wat nog altyd ‘n great plek bly om paar fotos te neem, veral as die lig laatmiddag reg is en natuurlike met die regte lens (300mm) om die regte perspektief te verseker.

Lozaun en Stanley…twee great mense wat ek net die beste toe wens vir die toekoms en ek glo verder ek het bygedra om vir hulle great memories te skep van die dag se verigtinge.

Gerhard