Ou Gunstelinge
Detail Fotos
Nog ‘n belangrike fasset van trou fotografie en een wat baie afgeskeep word deur fotograwe veral in die Vrystaat. Ek sê in die Vrystaat want as jy gaan kyk na pakkette van Gautengse troufotograwe en veral Kaapse Fotograwe gee hulle baie meer aandag aan “detail” gedurende troues as die Vrystaatse fotograwe. Seker maar ‘n tipe kultuur ding of iets.
Aandag moet aan detail gegee word reg deur die troue vanaf die fotos van die bruid, gedurende die kerkdiens, bruid en bruidegom saam en dan ook gedurende die onthaal.
Die lense wat gebruik word gedurende die neem van die detail fotos is baie belangrik. ‘n Vinnige medium telefoto lens werk altyd goed en patrykeer kom ‘n makro lens ook handig te pas.
Ek persoonlik hou daarvan om die Nikon 105mm F2.8 Makro lens te gebruik waarmee jy detail lekker naby kan afneem en die agtergrong mooi uit fokus is sodat die voorwerp kan uitstaan en nie saamsmelt met die agtergrond nie. Ek het selfs die ander dag ‘n 300mm F2.8 Nikon lens gebruik vir ‘n paar detail fotos van die onthaal tafels met uitstekende resultate.
Verder verkies ek ook natuurlike beligting en sal normaalweg glad nie van flitsligte gebruik maak as dit kom by die afneem van detail fotos nie.
Ja en maak maar gerus ‘n paar detail fotos swart en wit. Ek hoor nou die dag iemand op die TV antwoord na daar aan haar gevra is, wanneer is ‘n foto kuns? Haar antwoord was; “anything black and white is art”. Probeer dit gerus dit werk altyd.
Hier ‘n paar detail fotos wat ek gedurende troues geneem het.
Gerhard
Trou Portrette
Sekerlik van die belangrikste fotos op die troudag is die portrette van die bruid en dan ook van die bruidspaar. Ek het al menigte vrae gekry van bruidspare tov. die fotos wat geneem gaan word. Die mees algemeenste van dit is;
- Sal jy ons help om te poseer gedurende die foto sessie?
- Ek (bruid of bruidegom) hou nie van fotos nie of voel nie gemaklik as daar fotos van my geneem word nie.
- Hoe lank gaan die foto sessie neem?
- Mag ander fotograwe ook tussenin fotos neem? (gewoonlik ‘n boetie, sussie of vriendin).
- Hoe sal my grimering die fotos beinvloed?
Daar is seker nog baie maar dit is wat van belang hier is en waaroor ek bietjie wil uitbrei.
90% van die bruidspare is nie modelle nie en het eintlik nie ‘n idee wat om te doen as dit kom by die neem van fotos nie. Die werk van ‘n fotograaf is dus om die bruid en nog belangriker die bruidegom so gemaklik as moontlik te laat voel voor die kamera. My raad aan bruidspare is altyd, onthou hoe minder jy poseer hoe meer natuurlik sal dit lyk. Wees dus net jou self en moet onder geen omstandighede anders probeer wees as wat jy elke dag is nie. As die fotograaf wil hê julle moet iets doen waarmee julle ongemaklik voel moet julle hom onmiddlelik in kennis gestel hoe julle voel eerder as om na die tyd met fotos te sit waarmee julle nie tevrede is nie.
Die fotosessie van die bruid voor die tyd behoort nie langer as een uur te neem nie en so ook van die bruidspaar. In die beplanning laat ten minste ‘n halfuur oop voor die kerk diens waar die bruid net rustig kan wees en kan kyk dat die rok, grimering en hare reg is.
Moet asb. nie dat ander fotograwe fotos neem terwyl die amptelike fotograaf besig is met die bruid en bruidspaar se fotos nie. Dit is baie irriterend en sal defnitief die werk van die fotograaf beinvloed. Gedurende die res van die troue is dit nie so belangrik nie en kan die res van die gaste tussenin fotos neem met hulle selfone en kameras.
Grimering is van kardinale belang as dit kom by portret fotografie. Veral die kleur van die bruid se onderlaag moet aanpas by die kleur van haar nek en skouers. Verder moet die grimering eerder ‘n mat afwerking hê sodat dit nie te veel lig weerkaats nie. Dit is dus baie belangrik om ‘n goeie professionele grimeer kunstenaar te kry om jou grimering vir jou te doen. Dit is altyd ‘n goeie idee om te gaan vir ‘n toets grimering voor die troue en dan selfs vir ‘n “pre shoot” te gaan by die fotograaf op dieselfde dag net om seker te maak die grimering gaan werk vir die fotos.
Selfs die rok wat die bruid dra kan ‘n groot invloed op die fotos hê. As jy ‘n bruid is met ‘n ekstroverte persoonlikheid en daarvan sal hou om vrylik te beweeg en dalk plat op gras wil sit vir fotos of selfs in ‘n stof pad wil stap vir die fotograaf om fotos te neem help dit veel as jy ‘n rok aan het waarin jy beswaarlik kan asemhaal wat nog van lekker vrylik beweeg.
Onthou elke troue is uniek en so behoort julle fotos ook ‘n toonbeeld van julle troue te wees en nog meer moet die fotos julle persoonlikhede uitbeeld. Hier ‘n paar portrette wat ek tydens troues geneem het.
Gerhard
My Portfolio
My Pryslyste
“Storybook” Uitleg
Op 14 Desember 2009 het ek ‘n “post” op my blog geplaas oor die troue van Vasili en Chantal wat op 12 Des getrou het in Bloemfontein. By hulle pakket was ook ‘n “Storybook” ingesluit waarmee ek nou klaar is en graag met julle wil deel.
Ek wil noem dat elke “storybook” uniek is in die sin dat ek nie gebruik maak van “templates” of die sogenaamde “drag en drop” metode nie. Ek probeer om elke storieboek op meriete te hanteer en te skep volgens die gevoel en atmosfeer van die troue. Indien jy belangstel in die kostes van so ‘n storieboek gaan na my pryslyste (pricing) .
Die “storybook” of koffietafelboek is 30cm x 30cm groot en het 40 bladsye. Die drukwerk en bindwerk word deur professionele boek binders in Pretoria gedoen en ‘n lewenslange waarborg gaan daarmee saam.
Hier dan die “storybook” uitleg van Vasili en Chantal.
Gerhard
Kies ‘n Trou Fotograaf
Die afgelope 15 jaar het ek al seker twintig artikels gelees oor dieselfede onderwerp in al wat Bruidsboek en Trou Bylaag is. Die eerste punt wat genoem word is altyd dat jy defnitief ‘n voltydse professionele fotograaf moet kies. Hoedan nou anders want al die artikels was geskryf deur voltydse professionele fotograwe. So dan verwag jy seker dat ek dieselfede gaan doen.
Nee defnitief nie,want dit is nie waaroor goeie troufotografie gaan nie. Ek weet van ‘n paar deeltydse fotograwe wat ongelooflike goeie trou fotos neem. Nou waarop moet gelet word? Hier ‘n paar wenke tydens die proses om ‘n fotograaf aan te stel vir julle grootste dag.
1. Ja een van die grootste dae van julle lewe, wel defnitief vir die bruid, so kry ‘n fotograaf wat ook so voel en dit nie net doen vir die geld nie maar wat julle kan agterkom ‘n passie het vir fotografie en so ook sy bes sal doen om vir julle lewnslange herinneringe sal skep waarmee julle tevrede kan voel.
2. Maak vir julle ‘n kortlys van ongeveer vyf fotograwe wat julle persoonlik kan gaan besoek en ontmoet. Dit is ongelooflik belangrik om die fotograaf te ontmoet voor julle hom aanstel vir die troue want dit is ontsettend belangrik dat julle goed oor die weg kom en ook dat julle gemaklik voel met sy manier van dinge doen. Waak teen fotograwe met gladde monde wat julle allerhande stories in die kop gaan praat net om die “deal” te “clinch”, glo my hulle is volop in die mark. Hoe die fotos vir julle lyk is die belangrikste want julle gaan vir tot 50 jaar na hulle kyk in julle huis en daarna nog julle kleinkinders ook. So gepraat, waak teen “gimmicks” soos allerhande snaakse raampies om die fotos, snaaks gekleurde fotos ens. Dit is dalk nou in die mode maar oor vyf jaar gaan julle dit wegsteek dat niemand dit moet sien nie. Dit is dus belangrik dat die fotos tydloos, stylvol en elegant moet wees.
3. Tydens die besoek dring daarop aan om ‘n hele trou pakket te sien van ‘n onlangse troue (nie langer as ses maande terug nie). Kyk na gedrukte fotos sowel as fotos op sy rekenaar want hoe dit op die rekenaar lyk en hoe die gedrukte kwaliteit lyk is twee verskillende goed. Vind uit watter labratorium van gebruik gemaak word deur die fotograaf en of dit ‘n professionele Labratorium is.
4. Nou die belangrikste. Kyk na die styl van die fotograaf. maak hy baie gebruik van wye hoek lense, telefoto lens, flistligte, natuurlike beligting ens. Nie een van die bg. is verkeerd nie maar moet inskakel by wat julle van hou. Moet nooit ‘n fotograaf boek en dan van hom verwag hy moet sy styl van afneem verander om by julle behoeftes aan te pas nie. Dit is so goed Ernie Els moet nou sy Gholf swing verander. “BIG MISTAKE “.
5. Maak seker die fotograaf, voltyds of deeltyds, maak gebruik van professionele toerusting. Veral nou met die digitale era is dit ontsettend belangrik en is daar net ‘n paar regte professionele kameras op die mark so dit is belangrik. Ek gebruik Nikon en kan dus net vir julle Nikon se professionele modelle uitlig. Dit is die Nikon D3X,D3s,D3 en D700. Die res is ongelukkig nie professionele modelle nie en gaan verseker nie vir jou dieselfde kwaliteit as die kameras as hierbo genoem gee nie. As ‘n fotograaf van die bogenoemde kameras gebruik maak sal hy defnitief ook professionele lense gebruik so dit sal nie ‘n probleem wees nie. My raad is, moet nie ‘n fotograaf gebruik wat nie professionele toerusting gebruik nie punt. As ‘n fotograaf nog van film kameras gebruik maak doen hy dit net uit onkunde uit en moet asb nie die storie glo dat dit nog beter as digitaal is nie want dit is heeltemal onwaar.
6. Kies ‘n pakket wat by jou behoeftes pas. Ongeveer 150 fotos is genoeg vir die algemene troue maar byvoorbeeld heeltemal te min vir ‘n Griekse troue met verskeie tradisies wat gedek moet word. Maak seker of julle ‘n CD met die fotos saam kry en indien nie wat dit ekstra sal kos. Maak ook seker wat ekstra afdrukke sal kos indien jule dit na die tyd deur die fotograaf gaan doen.
7. Maak seker van die tyd wat die fotograaf by die troue gaan spandeer. Hoe lank voor die kerk diens hy gaan begin met die bruid se fotos en hoe lank hy op die onthaal gaan vertoef. So gepraat van die onthaal. Reken asb die fotograaf in by julle tafel besprekings. Dit is onsettend sleg om ‘n onthaal te dek en die hele aand rond te staan sonder ‘n sitplek. Ongeveer twee ure voor die kerk diens tot en met ongeveer drie ure op die onthaal behoort voldoende te wees om die troue ten volle te dek.
8. Gewoonlik word die datum bespreek deur ‘n deposito. Maak seker van die bedrag, hoe dit oorbetaal moet word en wanneer die uitstaande bedrag betaal moet word.
9. Watter prys moet betaal word? Hierop het ek net een antwoord. Jy kry wat jy betaal. As jy betaal vir ‘n Volla moet jy defnitief nie ‘n Merc verwag die dag as julle die fotos gaan haal nie. Onthou dit is al herinnering wat julle vir die volgende vyftig jaar mee gaan saamleef so dit is baie belangrik om ‘n goeie betroubare fotograaf te boek met ten minste 100 troues op sy naam want hoekom sal julle van julle self proef konyne maak. Heeltemal onnnodig want daar is regtig baie goeie trou fotograwe in Suid Afrika. Met ‘n bietjie navorsing en moeite kan julle julle self mee verseker met jarelange vreugdevolle herinneringe.
Sterkte met julle soektog na ‘n fotograaf waarmee julle gemaklik voel, wie se styl julle van hou, wat van professionele toerusting gebruik maak om vir julle tydlose, elegante en stylvolle fotos te neem.
Gerhard
Corne & Lukas – 18 Desember 2008
Of the 400 plus weddings i did over the last 16 years Lukas and Corne were certainly one of the nicest and most humble couples i have taken photos of. Couples like them make it worthwhile doing wedding photography and for people like them i always do my utmost best to ensure them with memories for life.
Corne look stunning and Schalk van Dyk who made her dress did a fantastic job as usual. The entire wedding was held at ABIB conference centre just outside Bloemfontein and Ulrich and his team did a great job. It is always a pleasure to work with real professionals like them.
This is one of the weddings and couples I’ll remember for a long time and also a memorie i will treasure.
Here a few images i took during the wedding.
My Portfolio
The wedding of Vasili and Chantal was in a traditional Greek fashion which always guarantees opportunity for great photography. We did the portraits and the family photos at the centenary building at the UFS and the Church ceremony was at the orthodox church in Andries Pretorius str.
After the church ceremony everyone went to Indaba Lodge for the reception and the greek party which include all the traditions like throwing of the plates.
It was a real priviledge to do the wedding for Chantal and Vasili and i enjoy every moment, in fact i only got home at one in the morning.
As usual a few images which i took during the wedding. I mainly used a Nikon D3 camera and 90% of the time only available light. For the portraits i switched between a 85mm F1.4, 200mm F2 and 300mm F2.8 lens.
My portfolio
ABIB conference centre was the setting for the marriage of Nicolene and Denzel on Saturday 5 December 2009. Nicolene is the grand-daughter of Kiepie and Dirkie Herholdt. For those who know the Herholdts in Bloemfontein can image what a big occasion this was.
As usual Ulrich and his team were on top of their game and the catering was out of this world. The food was great and the party even better.
The make up of Nicolene was done by Caren Visser who did a fantastic job as usual.
For the portraits of Nicolene and Denzel i used my Nikon D3 and the Nikon 300mm F2.8 lens to give the nice out of focus backgrounds. Here a few images that i took during the wedding.
My Portfolio
Special Winter Package – 2010
Zuurfontein a farm near Brandfort were the setting for the wedding of Jacques and Elrie on 24 October 2009. I took the photos of Elrie on the farm which lend itself with some wonderful opportunity for some interesting angles.
After that we were of to Brandfort where the church ceremony took place in the Methodist church. This was quit a big occasion because it was the first wedding ceremony in 30 years to take place in the church.
The photo session with Jacques and Elrie took place on the farm and we got some amazing photos with nice warm evening light. The reception took place in a marques tent and with a lot of young people attending it was quit a lively affair.
What a wonderful day which i enjoyed very much.
My Wedding Portfolio
Wedding Pricing






































































